Local sportSchool sportSport

’n Netbalafrigter van nasionale standaarde

'n Plaaslike netbalafrigter se Gauteng A-span het goed presteer by die Spar Nasionale Netbal Toernooi.

Alma Mater Akademie se netbalafrigter het gesorg dat die Gauteng-span wat sy ook afrig by die jaarlikse Spar Nasionale Netbal Toernooi in vierde plek geëindig het.

“Saam met die spanne by die skool en ’n plaaslike klub, rig ek die o.21 Gauteng A-span af wat in die A-liga gespeel het,” vertel Zelda Botha.

Zelda, wat al netbal speel vandat sy agt jaar oud is, is baie trots op die Gauteng-span se vordering.

By Alma Mater rig sy mini-netbal, sowel as laerskool- en hoërskool-netbal af waar sy die meisies se passie vir die spel bevorder.

“Netbal het verander oor die jare. Vandag is dit ’n meer geharde sport,” het sy gesê.

Maar as jy met ’n passie speel, vertel Zelda, is dit die moeite werd.

Sy rig ook netbal af by die Werna Netbalklub in Witpoortjie.

Zelda het drie jaar gelede opgehou om self netbal te speel, maar haar liefde vir die sport is nog net so sterk.

“Daarom rig ek af en help ek waar ek kan,” het sy gesê.

Verwante artikels:

• Alma Mater athletes break six records

• Alma Mater se eie ambassadeur

• Vrygewige maters maak harte bly

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button