Jacobus slaan silwer los
Die boksklublede het vele medaljes huis toe gebring.
Die Krugersdorp-Wes Boksklub met ’n jong bokser wat uitstekend presteer, sowel as met die vele medaljes wat die klublede ingepalm het.
Jacobus Gouws het ’n silwermedalje verower by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat in Pretoria by Transnet Boxing Academy gehou is.
Hierdie 13-jarige bokser het aan die 37,5kg-devisie deelgeneem.

Hy boks al vir sowat vyf jaar en het by die klub aangesluit toe hy nege was.
Verder is die klub ook trots op 11 boksers wat verlede naweek aan ‘n ontwikkelingstoernooi in Southhills in Johannesburg deelgeneem het.
Hulle is met glimlagte huis toe nadat hulle agt medaljes verower het.
“Alhoewel daar nie ’n boker van die dag aangekondig is nie, is dié bokers steeds top,” het Toni Laranja van die klub gesê.
Verwante artikels:
• Bokskampioen kuier in Krugersdorp
• Almal eintlik wenners in bokstoernooi
• Boksers se harde werk beloon
