Hengelaars van die Wes-Rand Hengelklub het weer die viswaters oorwin en ‘n gesamentlike 119 kilogram se visse gevang.
“Op 20 Februarie was klub was vir die dag by Ardenza langs die Vaaldam,” vertel die klub se voorsitter, George Wheeler.
Agtien klub hengelaars het met 95 visse die weegskaal laat kreun.

Marius Redelinghuys het met 12 visse en ‘n gewig van 20 kilogram die mans afdeling gewen.
Maar díe is nie net ‘n sport vir die mans nie, die vroue het ook met hulle hengelvermoë gespog.
“Die dames wenner was Daleen Els met haar ses visse wat tot vier kilogram geweeg het,” sê George.
Die klub hengel weer op 19 Maart by Morgenzon plaas langs die Vaaldam en George sê gaste is beslis welkom.
Vir belangstellendes om by die familieklub aan te sluit kan hulle vir George by 082 829 8803 of 074 189 6977 kontak.
Hy kan ook per epos by wheeler@vodamail.co.za gekontak word.
Lees verder:
• Vrouehengelaar reg vir kompetisie
• Jong hengelaars maak Gauteng trots
• Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag
