‘Leë’ dam lewer goeie opbrengs
Die Wes-Rand Hengeklub het weer by die Vaaldam gaan lyn natmaak en meer as 180 kilogram vis gevang.
Die Wes-Rand Hengelklub het in April die leë Vaaldam aangepak en die hengelkompetisie met 186 kilogram vis afgesluit.
Die kompetisie het by Moolman’s aan die Vaaldam plaasgevind waar 25 hengelaars deelgeneem het.
“Die dam was baie leeg en het hengel soveel moeiliker gemaak,” het klubvoorsitter George Wheeler gesê.
“Daar is wel 93 visse met ‘n totale gewig van 186 kilogram gevang.”
Onder die vroue het Christa van den Berg met sewe visse die wentitel ingepalm. Die visse het skuins oor die 11 kilogram geweeg.
Pieter Johnson met sy 13 visse wat saam 28 kilogram ingeweeg het, het die mansafdeling gewen.
“Die grootste vis vir die dag, ‘n 5,52kg graskarp, is deur Willie du Plessis gevang. Hy het ook die klubrekord met sy vangs geslaan.
George het genoem dat die klub ‘n algemene reël het dat die visse teruggegooi word, maar soms sal lede visse huis toe neem om te eet.
As jy graag by die gesinsklub wil aansluit, kan jy vir George kontak by 082 829 8803 of per epos by wheeler@vodamail.co.za.
Lees ook:
• Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag
