Oor die 300 visse vir hengelklub
Ongeveer 371 visse met 'n totale massa van 255,75 kilogram is uitgetrek.
Daan Watson het tydens die Wes-Rand Hengelklub se maandelikse hengelkompetisie verlede maand die swaarste vis uit die dam getrek. Dit was ‘n baber van 16,213kg.
Daar het 28 hengelaars aan die kompetisie op Jacky Lennard se plaas by die Vaaldam deelgeneem. Hulle het van 7vm af lyn nat gemaak en eers teen 3nm opgehou.
Ongeveer 371 visse met ‘n totale massa van 255,75 kilogram is uitgetrek.
Die eerste plek vir mans is toegeken aan nog ‘n gas vir die dag, Marius Roesh, wat 36 visse gevang het. Tweede was Louis van den Berg met 28 visse en derde was Christiaan van Aarde ook met 28 visse.
Die vrouewenner was Christa van den Berg met 19 visse en in die tweede plek was Daleen Els met 13 visse.
Die klub het hierdie maand weer op Jacky se plaas gehengel.
Belangstellendes kan gerus vir George Wheeler by 082 829 8803 kontak.
Verwante artikels:
Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag
‘Leë’ dam lewer goeie opbrengs
Jong hengelaars maak Gauteng trots
