Local sportSport

Egpaar vang medaljes

Boothengelpaartjie het vanjaar al nege medaljes, drie trofeë en 'n skild verower.

Vossie Vorster en sy vrou Miena hengel graag van hul ligtegerei-boot af en het al 150 medaljes ingepalm.

Vossie het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Hengelkampioenskappe deelgeneem, en het derde plek behaal vir die binnelandse span.

“Boothengel is nie baie gewild in Krugersdorp nie, en ons wil dit verander. Ons wil graag die mense van Krugersdorp aanmoedig om dié vorm van hengel te probeer, maar hulle moet hul eie boot hê,” het Vossie gesê.

Van die pryse wat hulle al ontvang het.
Van die pryse wat hulle al ontvang het.

Hy het ook gesê dat die span ‘n ‘ouetehuis’ word omdat hulle nie vars bloed kry nie.

“Die juniors word seniors en die seniors word veterane, maar ons kry nie nuwe mense in om die siklus weer te begin nie”, het Miena gesê.

Indien jy meer inligting oor boothengel wil hê, skakel vir Vossie by 082 576 3954.

Lees meer:

Oor die 300 visse vir hengelklub

‘Leë’ dam lewer goeie opbrengs

Vaaldam se visse nie bang om hoek te vat op koue wintersdag

Hengelstaatmakers ontvang toekennings

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button