Leandri maak haar land trots
Leandri Wehmeyer het aan die World Championship of Performing Arts in Los Angeles deelgeneem.
Leandri Wehmeyer het in die Julie-skoolvakansie aan die World Championship of Performing Arts in Los Angeles deelgeneem.
Die sesjarige Leandri het vroeër vanjaar by die Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste Kampioenskappe een goue- en twee silwermedaljes gewen. In Los Angeles het dié hip-hopdanser van Laerskool Protearif nog vier medaljes gewen – twee silwer en twee brons. Sy het in die hip-hop-, karakter- en opedans-kategorie gedans, asook as lid van die Production SA-groep.
Leandri het dansklasse begin bywoon toe sy drie jaar oud was. Sy oefen drie keer ‘n week by Pro Dance Stars in Rant-en-Dal, en het ‘n groot liefde vir dans ontwikkel. Sy geniet elke oomblik wanneer sy die geleentheid kry om te dans.
Die hoogtepunt van die toer Los Angeles toe was vir Leandri hul besoek aan Disneyland, en al die prinsesse wat sy gesien het. Universal studios was ook ‘n belewenis.
Leandri neem weer in Oktober deel aan Satch-kompetisie .
Lees ook:
• New York se liggies blink helder vir leerlinge
• Dancers dominate world champs



