Local sportSport

Talle fietsryers trap vir ‘n goeie doel

Die tehuis het minstens R16 000 per maand nodig vir doeke vir die bejaardes.

Die Telkom 947 Cycle Challenge-fietswedren is om die draai en verskeie organisasies het spanne wat namens hulle ry ten bate van liefdadigheid.

Die Luipaardsvlei Tehuis het dié jaar 23 fietsryers wat namens hulle ry.

“Ons is baie bevoorreg om vanjaar deur Solidariteit geborg te word,” het Fonds- en Bemarkingshoof, Amy de Bruin vertel.

Die tehuis het minstens R16 000 per maand nodig net om aan die bejaardes doeke te voorsien. Hulle het daarom met Solidariteit in verbinding getree en kom nou in aanmerking vir hulp uit die Helpende Hand Fonds. Die fonds word deur Solidariteit geborg om kinders en bejaardes te help versorg.

“Ons beoog om R50 000 in te samel net deur die wedren,” het Amy gesê.

Luipaardsvlei versoek die publiek om hulle te help om hul doel te bereik. Die gemeenskap kan betrokke raak deur ‘n debietvorm in te vul en R50 per maand te borg. Die vorms kan verkry word deur Amy te kontak by 071 509 3115.

Verwante artikels: 

Krugersdorp se talentvolle bejaardes

Luipaardsvlei Tehuis talent kompetisie

Sweet tap by bejaardes se interhuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Janine Viljoen

Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.
Back to top button