Is jy reg vir die Super Rugby?
Die 2017 Super Rugby seisoen sien wedstryde wat vir die eerste keer op Donderdae gespeel word.
Vleis op die kole, vriende om die braaivleisvuur en ‘n lekker drankie in die hand. Dis amper tyd vir Super Rugby.
Die 2017 seisoen sal die Super Rugby-reeks se 22ste wees. Spanne vanuit Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië, Japan en Argentinië neem teen mekaar deel in hierdie kompetisie.
Op 23 Februarie skop die nuwe seisoen af in Melbourne wanneer die Rebels van Australië die Blues van Auckland in Nieu-Seeland pak.
Vir die eerste keer hierdie jaar sal wedstryde op ‘n Donderdag gespeel word.
Op 24 Februarie sal die Suid-Afrikanse span, die Cell C Sharks en die Australiese Reds teen mekaar in Brisbane speel.
Die toernooi vind tussen 23 Februarie en 15 Julie plaas, met die finaal op 5 Augustus.
Lees verder:
Touch rugby fever hits Krugersdorp once again
Rugby fans meet their all-time heroes
UJ rugby captain’s reign comes to an end
