Editor's choiceLocal sportSport

Impala-gimnaste bokspring tot in top 10

Die klub het sewe medaljes in die Top 10-kompetisie gewen.

Die Impala Trampolienklub het met trots aangekondig dat sewe van hul gimnaste medaljes in die Top 10 Gimnastiekkompetisie ontvang het.

Heinrich Greyling, ‘n leerder van Hoërskool Noordheuwel, het ‘n gouemedalje in die mini-trampolienafdeling gewen.

“Dit is nie waar ons trotse prestasies geëindig het nie,” het Linda Coetzer, hoofafrigter van die klub gesê. “Ons het ook die tweede, derde, vierde en sesde plek in die seunsgroep behaal. Rico Immelman, Ethan Slabbert, Marnus Harmse en Matthew Marais was die seuns wat die klub se naam hoog gehou het.”

Adelene Hoogendyk, ‘n leerder van Laerskool Protearif, het ook ‘n gouemedalje in die meisiesafdeling by dieselfde geleentheid ontvang. Yolindi Mostert het ‘n vierde plek behaal.

Om te kwalifiseer vir die Top 10-kompetisie moes die gimnaste eers aan die 2016 Suid-Afrikaanse Gimnastiekkampioenskappe deelneem en onder die top 10 van elke geslag eindig.

Die klub is ongelooflik trots op hul gimnaste wat so puik presteer het.

Impala Trampolienklub glo dat diegene wat nog nie gimnastiek gedoen het nie, eers ‘n basiese gimnastiekprogram moet volg. Dit bestaan uit afrigting in artisties en trampolien. Dit berei hulle dan voor om later die toertjies onder die knie te kry.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button