Editor's choiceLocal sportSport

Niks ‘skei’ dié atlete van sukses nie

'n Totaal van 54 A-, B- en C-spanne wat 'n groot aantal nasionale spelers ingesluit het, het van so ver as KwaZulu-Natal, Vrystaat, Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga gekom om hul streke te verteenwoordig.

Alhoewel die son op haar neerbak, bly sy gefokus. Sy neem haar skei, en in een vloeiende beweging tree sy met haar linkervoet vorentoe en swaai haar regterarm agtertoe. Kragtig, tog elegant, gooi sy dan die skei vorentoe.

Dit is die roetinebeweging wat Charisma de Bruin, Protea-vrouespankaptein Saterdag, 18 November uitgevoer het tydens die 75ste Paardekraal Jukskeitoernooi by die hoofkwartier van Wes-Rand Jukskei in Kroningspark. Sy was een van meer as 200 atlete wat hul merk op die jukskeibaan gemaak het.

Charisma de Bruin haal uit en wys. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens Tinus Barnard, Eerste SA Visepresident word die byeenkoms as die grootste ope toernooi in die land beskou.

‘n Totaal van 54 A-, B- en C-spanne wat ‘n groot aantal nasionale spelers ingesluit het, het van so ver as KwaZulu-Natal, Vrystaat, Noordwes, Limpopo, Gauteng en Mpumalanga gekom om hul streke te verteenwoordig.

Zané Haud gee haar beste. Foto: Alanicka Lotriet.

Maar, daar kon net een algehele wenspan wees, en dit was dié van Gauteng-Noord wat vanjaar met die Paardekraal Monument-houtreplika weggestap het.

Verskeie jukskeilegendes soos Willie Goosen (wat meer as 25 keer Springbok-kleure verwerf het), Antoon Claassen (wat 32 keer die nasionale span gehaal het), Hercules Taljaard, Gerrie van Tonder en Jannie Lombard neem gereeld aan dié toernooi deel.

Elna van den Berg (mees bekroonde SA-vrouejukskeispeler) en Charisma de Bruin (tans die beste vrouespeler in die land) het ook deelgeneem.

Sandy Thwala weet hoe. Foto: Alanicka Lotriet.

Volgens organiseerders gebruik meeste distrikte dié toernooi om die juniors te laat oefen vir die naderende SA Junior Kampioenskappe wat van 8 tot 15 Desember in Kroonstad gaan plaasvind.

Leerders van Wes-Randse skole, insluitend Hoërskool Monument, Hoërskool Bastion, Hoërskool Jan Viljoen, Hoërskool Riebeeckrand, Randfontein High School, Laerskool Randfontein en Laerskool Rapportryer sal in aksie wees.

Tinus het gesê dat dit die perfekte dag en ‘n reuse sukses was.

“Ons wil graag almal bedank wat tot die suksesvolle geleentheid bygedra het, insluitend Eskort van Princess Crossing. Hulle het baie moeite gedoen om terug te gee aan die gemeenskap en ons geliefde sport,” het hy ten slotte vertel.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button