Editor's choiceLocal sportSport

Vaardighede geslyp tydens Bastion se hokkiekamp

'Van hier af kan ons net groei en verbeter'

Hoërskool Bastion se eerste meisieshokkiespan het gedurende die skoolvakansie hard gewerk om hul hokkievaardighede te verbeter.

Hulle het ‘n driedag-hokkiekamp bygewoon, waartydens hulle elke dag die geleentheid gekry het om hul vaardighede tydens ‘n hokkiekliniek te slyp. Daar is ook aan hul wedstrydfiksheid gewerk toe hulle wedstryde teen spanne van Hoërskool Noordheuwel en Riebeeckrand gespeel het.

Bianca Bloem (regs) neem die bal by haar opponent af.

Gedurende die drie dae het Bastion vier wedstryde gespeel en die volgende uitslae behaal:

• Bastion 5–0 Riebeeckrand

• Bastion 1–0 Noordheuwel (tweede span)

• Bastion 0–1 Noordheuwel (tweede span)

• Bastion 4–0 Noordheuwel (tweede span)

Palesa Moabelo op die aanval.

Die meisies het ook aan verskeie spanbou-aktiwiteite deelgeneem en hul afrigter, Retha van der Walt het vertel, “Ons het regtig as ‘n span een geword, en kan van hier af net groei en verbeter. Dit was ‘n heerlike ervaring! Ek het al heelwat kampe bygewoon, en beskou hierdie een definitief as een van die top kampe.”

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button