Gatskop-karateka derde in die land
Zak het in kumite vir seuns 10 tot 11 jaar deelgeneem en uitgeblink.
Zak Vrey, ‘n leerder van Laerskool Krugersdorp-Noord het aan die Karate Suid-Afrika (KSA) Arnold Classic Karatekompetisie by die Sandton Konferensiesentrum deelgeneem.
Slegs die top 10-deelnemers in elke afdeling in Suid-Afrika is gekies vir die kompetisie wat tussen 18 en 20 Mei plaasgevind het.
Zak het in kumite vir seuns 10 tot 11 jaar deelgeneem en uitgeblink. Hy het tweede in sy ouderdomsgroep geëindig.

Foto: Bianca Pindral.
Hy is tans derde op die KSA-ranglys in sy ouderdomsgroep vir individuele karate en hy wil nog baie in hierdie sport bereik.
Nicolene Mitchell, ‘n lid van die span wat die Arnold Classic Africa georganiseerder het, het onderhoude met KSA se toppresteerders en leiers gevoer. Sy het vertel dat dit haar beter insig gegee en laat verstaan het waarom karate so ‘n passievolle sport is.

Foto: Bianca Pindral.
“Ek het besef hoe karate mense se lewens ten goede verander en hoekom dit ‘n platform skep wat kan help om ‘n land en die wêreld ‘n beter plek te maak. Ek respekteer KSA se visie vir die sport en hoop om daardie visie te help bevorder,” het Nicolene vertel.
Sy het ook terugvoering gegee oor die onderhoude wat sy gevoer het.
“Sommige van die atlete wat van die Arnold Classic geweet het, was baie opgewonde omdat karate vanjaar ‘n ten volle operasionele sportkode sou wees. Sommige van die atlete was nie seker wat die Arnold Classic is nie, daarom het ek dit so passievol moontlik aan hulle verduidelik om hulle te inspireer om die byeenkoms by te woon. Party atlete se vertellings was werklik inspirerend en ek kon verstaan waarom die publiek by hulle kon aanklank vind. Sommiges se kommentaar oor die Arnold Classic was dat hulle graag interaksie met atlete van ander sportkodes wil hê en by hulle te leer. Ander was ingenome met die feit dat die Arnold Classic ‘n geleentheid bied om karate aan die breër publiek bekend te stel en die deur vir groter geleenthede oop te maak,” het Nicole verduidelik.
Vir meer inligting besoek: https://www.karate-sa.org/arnold-classic-sports-festival-2018.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
