Editor's choiceLocal sportSport

‘n Putjie vir liefdadigheid

"Dit bly ‘n voorreg om te kan gee en genade om te kan ontvang."

Soos al die vorige jare was dié jaar se Grain Care-gholfdag baie geseënd met vrygewige en vriendelike gaste. Die gholfdag dien as fondsinsameling vir spesifieke projekte wat Grain Care aanpak en is by die Ruimsig Gholfklub gehou.

Vanjaar het Grain Care daarop gefokus om fondse spesifiek in te samel vir twee leerders van die Wes-Randse Skool vir Gestremdes wat spesiale rolstoele (buggies) nodig het, vir die Kindersorgvereniging in Vanderbijlpark wat tans in nood verkeer, Pink Trees vir Pauline (Cansa-verwant) asook vir Grain Care se winterprojekte, naamlik ‘Komberse en Kos’.

Mathus de Beer.
Foto: Bianca Pindral.

Hulle is ook betrokke by ‘n projek in samewerking met Andries Vermeulen waardeur ongeveer 22 000 voedsame etes aan onder andere kinderhuise en ouetehuise voorsien is.

Tydens die gholfdag is meer as R300 000 vir liefdadigheid ingesamel.

RC Pelser, Jacques Jooste, Alton van der Westhuizen en Dries Schoeman moedig hul spanmaat aan.
Foto: Bianca Pindral.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button