Dansers gaan Suid-Afrika in Serwië verteenwoordig
'n Groep dansers van Suid-Afrika gaan Serwië toe om ons land by 'n internasionale kompetisie te verteenwoordig.
Na ‘n jaar se harde werk en meeding met die beste van die beste, gaan ‘n dansgroep van Suid-Afrika op internasionale vlak optree.
Die dansers van Talent Africa moes eers almal aan die provinsiale kompetisies deelneem, en toe deurdring na die nasionale kompetisie waar net die beste dansers gekies is om Suid-Afrika en Talent Africa by die Euro Dance Fest-kompetisie in Novi Sad in Serwië te verteenwoordig.
Dié span van 32, wat uit 24 dansers, ouers en afrigters bestaan, vertrek op 14 November oorsee. Vyf van die dansers kom van Roodepoort en Krugersdorp af.
Die talentvolle jong dansers gaan teen nagenoeg 4 000 ander dansers uit meer as 24 lande oor ‘n tydperk van drie dae deelneem.
In 2017 het die Suid-Afrikaanse span 17 top trofeë en die algehele tweede plek by die kompetisie verower en beplan om vanjaar nog meer huis toe te bring.
Indien jy ‘n akteur, sanger, danser, instrumentspeler of model is en graag in 2019 jou staal by die Talent Africa-kompetisie wil wys, kan jy nou reeds inskryf.
Die nasionale kompetisie word volgende jaar van 25 tot 31 Maart by die Roodepoort Teater aangebied en as jy die algehele wenner van Talent Africa vir 2019 is, kan jy groot pryse wen, soos ‘n ten volle betaalde toer om in Julie 2019 aan die Talent America-kompetisie in New York te gaan deelneem en ‘n volbeurs van die South African Film, Acting and Theatre Academy.
Besoek gerus Talent Africa se webtuiste by www.talentafrica.co.za om te registreer en in te skryf.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
