Impala-gimnaste doen dit weer
Hulle het op Saterdag, 3 November teen gimnaste uit lande soos Botswana, Namibië, Swaziland, Angola en Zimbabwe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Talle gimnaste van die Impala Trampolienklub het onlangs uitstekend gevaar by die SA Gimnastiekkampioenskappe.
Tydens die kampioenskappe wat in Oktober plaasgevind het, het een van hul seniorgimnaste, Daniel Coetzee ‘n goue- en silwermedalje verower in onderskeidelik Euro en Dubbel Mini.
Gedurende dieselfde kompetisie het agt van hul gimnaste tussen die ouderdom van nege en 14 aan proewe deelgeneem om in aanmerking te kom vir deelname aan ‘n internasionale kompetisie – Region 5.
Impala is trots daarop dat drie van hul gimnaste – Amber Palk, Yolindi Mostert en Adelene Hoogendyk – gekies vir die Region 5 SA-span.
Hulle het op Saterdag, 3 November teen gimnaste uit lande soos Botswana, Namibië, Swaziland, Angola en Zimbabwe deelgeneem en uitstekend gevaar.
Adelene het ‘n tweede plek verower, Yolindi ‘n derde plek en Amber ‘n vierde plek.
Linda Coetzee van Impala was die SA-dogtersafrigter en Louise Gardner was ‘n beoordelaar tydens die geleentheid.
Linda en Louise het vertel hoe trots hulle op die gimnaste is.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
