Shannon is vyfde onder die top spelers in SA
Na agt jaar as professionele tennisspeler is Shannon een van die land se top spelers.
Plaaslike tennisster Shannon Cox het onlangs die vyfde plek op die ranglys vir top vrouespelers in Suid-Afrika behaal nadat sy ‘n besondere goeie jaar beleef het
Shannon het in November en Desember aan die South Africa F1-, F2- en F3-reekstoernooie deelgeneem, en in die eerste twee van die drie toernooie onder die top 16 uit 64 spelers geëindig.
Sy het op sesjarige ouderdom begin tennis speel, en ernstig op 16 aan toernooie begin deelneem toe sy ‘n Hoërskool Monument-leerder was. Sy moes elke dag na skool by haar afrigter in Centurion gaan oefen. Sowat agt jaar later word sy as een van die top vrouespelers in die land beskou.

Tydens twee van haar South Africa F-reekstoernooie het sy haar beste telling, naamlik 6–0 behaal.
Gedurende die jaar het sy wel menige kere ‘n eerste plek in die Growthpoint Super 8s, GE Grand Prix, Wilson Marks Parks Grand Prix, en vele meer toernooie behaal.
Sy werk tans deeltyds as tennisafrigter, wat haar in staat stel om aan internasionale toernooie te gaan deelneem.
Shannon is wel op soek na borge om haar te help om groter sukses te behaal.
Sy het ook al onder beserings deurgeloop. Sy het ligamente in haar skouer geskeur, ganglionsiste in haar gewrig ontwikkel en ‘n paar ander kleiner beserings gehad wat veroorsaak het dat sy vir tydperke van een tot agt maande buite aksie was.
Shannon sien daarna uit om vanjaar in Amerika, Australië, Thailand en Egipte te toer waar sy aan groot toernooie gaan deelneem.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
