Lus vir netbal speel? Kom wys jou staal …
Die Noordheuwel Netbalklub nooi almal om by hul klub aan te sluit – of dit is om fiks te word, liga te speel of om pret te hê.
As jy gedink het netbal is net vir dié wat nog op skool is, moet jy beslis ‘n draai by die Noordheuwel Netbalklub, oftewel die Panthers gaan maak.
Hier speel hulle dié sport nie net vir die lekker nie, maar hulle is mededingend ook. Niemand is te oud of te onfiks om deel te raak van een van hul spanne nie.
Die klub het in Mei verlede jaar ontstaan en het reeds hul eerste liga agter die rug. Hulle beoog om vanjaar aan die Wes-Randse liga deel te neem.
Op Maandag, 14 Januarie het hulle reeds die 2019-seisoen afgeskop en hul eerste oefening gehad. Al het die Desember- feesvieringe meegebring dat sommiges dinge ‘n bietjie rustiger geneem het, was almal vuur en vlam om alles te gee.
Die registrasiegelde vir die 2019-seisoen is R500 per persoon. Oefentye vir die junior groep (7-11 jaar) is Woendae van 5.30nm tot 6.30nm. ‘n Groep vir 12- tot 17-jariges oefen elke Maandag en Woensdag van 6nm tot 7nm, en die spelers van 18 jaar en ouer oefen Maandae en Woensdae van 6.30nm tot 7.30nm.
Kontak gerus vir Maryke Liebenberg by 082 396 6370 of Sonja Prinsloo by 072 414 9550.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
