Local sportSport

Plaaslike rugbyster Chris Massyn draf nou uit vir die Stormers

'n Voormalige Krugersdorper en plaaslike rugbyster is onlangs gekies om deel te wees van die Stormers se 2019 SuperRugby-oefenspan.

Plaaslike rugbyster Chris Massyn het vir Hoërskool Monument uitgedraf tydens sy rugby dae op skool en dis waar verteenwoordigers van die Blou Bulle hom as 16-jarige as ‘n potensiële rugbyster geïdentifiseer.

Hy het in 2013 by die Bulle ingeval en twee jaar lank daar gespeel, met die doel om te gaan swot. So het hy by Tukkies beland.

Na daardie eerste twee jaar het hy nog twee jaar lank deurentyd met beserings gesukkel en kon nie rugby speel nie. Hy het dié tyd gebruik om op sy studies te fokus.

Sy kontrak met Tukkies en die Bulle was steeds geldig en hy het besluit om homself voor te berei die laaste jaar van sy rugbykontrak daar. Hy het die vrugte daarvan gepluk en is aangewys as die Tuks Varsity Cup-kaptein.

Hy het tydens die finaal weer ‘n besering opgedoen maar het gesê dat dit alles vir hom die moeite werd was. Die oorwinning was een van sy loopbaanhoogtepunte.

Positief oor sy rugby en met ‘n paar aanbiedinge in sy sak het hy die kans gewaag en vir Gert Smal, die direkteur van die Westelike Provinsie Rugby Unie gebel en gesê dat hy graag vir die hulle wou speel.

Skaars 24 uur later het hy ‘n aanbod ontvang om in die Kaap te gaan speel. Dit was ‘n maklike besluit en aangesien hy verder wou studeer, het hy by Maties aangesluit. Deesdae deel hy die rugbyveld met die Stormers se 2019 SuperRugby-oefenspan.

Sy uiteindelike doelwit is om as die Wêreldspeler van die Jaar vir 2022/ 2023 aangewys te word.

Sy ouers bly steeds in die huis hier in Krugersdorp waarin hy grootgeword het, en hy probeer gereeld by hulle kuier.

Sy helde is CJ Stander, ‘n Suid-Afrikaans-gebore rugbyspeler wat nou vir Ierland uitdraf, en natuurlik sy pa.

Sy raad aan diegene wat hul sportdrome wil volg is om net nooit moed te verloor nie.

Hy glo dat mens altyd nederig moet bly en het gesê dat iemand net so groot is soos wat hy die kleinste persoon behandel.

Hy het vertel dat dit moeilik is om te sê watter rugbyspanne sy familie ondersteun, maar sy pa gaan blykbaar nou maar vir die span skreeu waarvoor Chris speel want hy is nou “moeg om van die een na die ander span rond te skuif”.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at  krugersdorpnews@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button