Local sportSport

Bondedag-erelede kuier saam by die Krugersdorp Klub

Talle voormalige en huidige afrigters van regoor die land het tydens die Bondedag vir laerskoolspelers 'n gesellige funksie vir erelede bygewoon.

‘n Klompie van die Goue Leeus-laerskoolrugbyspanne het ‘n naweek geniet waarop selfs die seniorrugbyspanne jaloers kon wees.

Nagenoeg 600 spelers van o.12- en o.13-spanne wat buite skoolverband vir klubs in die Goue Leeus-, Blou Bulle-, Pumas-, Valke- en Cheetahs-streek uitdraf, het aan die Bondedag by Hoërskool Monument deelgeneem om hul krag teen mekaar te toets.

Voor die rugbyaksie begin het, het die afrigters van die betrokke spanne by die Krugersdorp Klub – een van Krugersdorp se oudste instellings – bymekaar gekom en ‘n smullekker ete geniet. Daar is ook besluit dat dié jaarlikse rugbybyeenkoms voortaan as die Thys Bezuidenhout Bondedag sal bekend staan ter ere van die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging, Thys Bezuidenhout.

Die afrigters het die oggend gesellig saam spandeer en selfs ‘n paar tegnieke uitgeruil. Daar is erkenning gegee aan al die erelede van die Bondedag voordat die groot rugby later afgeskop het.

Die erelede, waarvan sommige vir die eerste keer die klub van binne gesien het, was vol lof vir die goed bewaarde gebou met die noukeurig versierde plafonne, die pragtige houtvloere en al die ander oudhede wat in die klub uitgestal word. ‘n Tevrede groep is daarna na die skool toe om te kyk hoe die jong spelers alles op die rugbyveld gegee het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button