[FOTO’s] Bejaardes laat die skeie klap
'n Sonnige Woensdagoggend is gekies vir die maandelikse vriendskaplike jukskeitoernooi tussen die seniorburgers.
Inwoners van die Luipaardsvlei-, Emmanuel- en Môreglans-tehuis, asook lede van die Krugersdorpse Raad vir die Versorging van Bejaardes, uitgevat in hul span se kleure, kom eenmaal ‘n maand by Kroningspark se jukskeibane bymekaar vir ‘n vriendelike spel.
Van die oomblik dat die bussies se deure oopswaai, kan mens sien die spelers is ernstig terwyl hulle hul krygsplan in fluisterstemme met mekaar bespreek.

Die groen-, blou- en oranjespanne het op dié sonnige Woensdagoggend die skeie opgetel en met die pen ‘n paar meter verder stewig in die sand geplant, was hulle reg om te begin speel. Die gesogte wisseltrofee het in die son geblink.
Die oranjespan van Emmanual Tehuis het uiteindelik die trofee in die A-liga huis toe geneem. Die Môreglans-span het die B-liga gewen.

Die bejaardes rus nie op hulle louere nie en begin sommer gou weer voorberei en oefen vir die volgende maand se kompetisie om die trofee te probeer behou of af te neem.Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier:

