Local sportSport

Vra, vra en vra nog, sê meesterhengelaar

Die Wes-Rand Hengelklub het nog 'n byeenkoms gehad en twee van hul meesterhengelaars het 'n bietjie oor die sport gesels.

Die manne en vroue van die Wes-Rand Hengelklub het onlangs weer ‘n heerlike somersdag langs die viswater spandeer.

Hulle het in Oktober by die Tierkransdam gaan kuier en die 30 hengelaars het altesaam 216 visse gevang. Benewens hierdie enorme vangs is daar ook drie nuwe rekords opgestel.

Die wenner onder die junior hengelaars by die byeenkoms was Dylan Opperman, gevolg deur Miguel Menino en Marco Lourens in onderskeidelik die tweede en derde plek.

Petro Wheeler met ‘n deel van haar vangs.
Foto’s: Verskaf.

By die vroue was dit Anja Meyer wat heel bo aan die punteleer geëindig het, gevolg deur Petro Wheeler en Magda Opperman.

Charles Saunders het die mansafdeling gewen, en Willie du Plessis en Charles van Oordt was onderskeidelik tweede en derde.

Die klub spog ook met twee uithaler-vrouehengelaars.

Petro is reeds nagenoeg 15 jaar deel van die klub en het vertel dat haar grootste vangs by die Vaaldam was. Sy het ook al ‘n graskarp van ongeveer 3,668kg en ‘n grootbek-geelvis van omtrent 1,941kg gevang. Die grootste getal visse wat sy ooit gevang het was 30. Sy het bygevoeg dat as jy hou van die buitelewe, grappies maak, pret hê en soms nie omgee om nat te reën nie, dan is hengel vir jou bedoel.

“Sommige hengeldae is moeilik, maar in die algemeen is dit rustig. Wanneer jy na die ander hengelaars luister is alles die moeite werd,” het Petro verduidelik.

Die 49-jarige Christa van den Berg is reeds 12 jaar lid van die klub. Vir sewe daarvan het sy provinsiaal gehengel en was verskeie kere lid van die Sentraal-Gautengse A- en B-span.

“My grootste vis was ‘n baber van 8,802kg wat ek by Amigos in Ventersdorp uitgetrek het,” het Christa trots gesê.

Die klub is vir haar ‘n plek waar die hele gesin ‘n baie lekker sport saam kan beoefen. Die grootste getal visse wat sy ooit gevang het was 34.

Haar raad aan beginnerhengelaars is om te kyk, te vra, nog te vra, en nog meer te vra. “Begin net by die basiese goed.”

Indien iemand by die klub wil aansluit, kan hulle gerus vir Anja Meyer by 076 729 2801 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button