Kennies-krieket mik vir ‘n ses dié jaar!
Talle van Laerskool Kenmare se top kireketspelers is onlangs gekies vir die Gauteng-Wes-oefengroepe.
Laerskool Kenmare is reg vir ‘n ding hierdie jaar en is alreeds sterk aan die gang met hulle krieketprogram.
Onlangs is daar 43 van hul spelers in die Gauteng-Wes-oefengroepe opgeneem en hulle het reeds teen die einde van Januarie begin oefen.
Geluk aan die volgende leerders vir hul prestasie:
Jean du Plessis, Leyton Bothma, Nathan du Toit, Rumon van Staden, Christiaan Steyn, Wian Coetzee, Divan Coetzee, Kian Bekker en Luko Taute het die o.9-groep gehaal. Heino Ferreira, Reinhardt Bell, Henré de Bruin, Rogan Viviers, Barnardt du Toit, Rickus Bosman en Alexander Leibrandt het elk ‘n plek in die o.10-groep gekry. Jayden Nel, Llewellyn Lourens, Reney van den Berg, Ethan Kruger, Malan de Jager, Rikus Brink, Ivan Vrey, Dewald du Preez en Marnus Swart is vir die o.11’s gekies, en Kagiso Maduo, John Grubb, Wander Roolvink, Gerhard Roolvink, Jayden Waldick, Gordon Stocker, Tiaan Killian en Jarred Coetzer is by die o.12’s ingesluit.
Laastens staan Dean Hartman, Andrew Sobich, Pieter Bezuidenhout, Corné Botha, André van Niekerk, Wian Storm, JP van der Merwe, Sage Pretorius, Marius Penning en Gideon Diedericks reg vir hul o.13-span.

