School sportSport

Vlugvoetige Mullies lê rieme neer

Vyf van Laerskool Muldersdrif se atletiekrekords het onlang by hul interhuisbyeenkoms gespat.

Tydens Laerskool Muldersdrif se interhuisatletiekbyeenkoms in Januarie het hul leerders beslis gewys wat in hulle steek.

Vier van hierdie leerders is aangewys as die victrix en victor ludorum vir onderskeidelik die juniors en seniors.

Mike van der Merwe, ‘n o.8-atleetjie het twee nuwe naellooprekords tydens die byeenkoms opgestel. Sy het die 60 meter in 9,75 sekondes afgelê en die 80 meter in 12,03 sekondes gehardloop.

Sy is as die junior victrix ludorum aangewys terwyl Aldré Wolfaardt die junior victor ludorum was. Aldré het ‘n nuwe rekord in die 60 meter vir o.9’s opgestel.

Die senior victor ludorum, Marno Bouwer het self twee rekords vir die o.12-seuns geslaan. Hy het die 150 meter in 20,3 sekondes kafgedraf en die 1 200 meter in vier minute agt sekondes klaargemaak.

Die o.12-atleet Reagan Marais is aangewys as die senior victrix ludorum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button