School sportSport
Noordskool-atlete haal Gauteng Kampioenskappe
Sewe van Laerskool Krugersdorp-Noord se atlete maak gereed om binnekort aan die Gauteng Kampioenskappe deel te neem.
Die blitsvinnige en ywerige 59 atlete van Laerskool Krugersdorp-Noord het onlangs uitmuntend gevaar by die Krugersdorp Kampioenskappe.
Op grond van hul puik prestasies is 14 Noordskool-atlete gekies om tydens die Gauteng-Wes Kampioenskappe wat by Hoƫrskool Noordheuwel gehou is, met atlete van Krugersdorp, Randfontein en Merafong te kompeteer.
Na afloop van hierdie byeenkoms is sewe Noordskool-atlete gekies vir die span wat die Distrik by die Gauteng Kampioenskappe in Ruimsig verteenwoordig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
