Local sportSport

KYK: Krieketoefening begin weer by Noordheuwel

Hoërskool Noordheuwel is reeds weer aan die gang met krieketoefeninge met die oog op moontlike toernooie.

Dit blyk dat krieket een van die min gelukkige sportsoorte is wat relatief lig van die grendeltydregulasies so vroeg in 2021 afkom.

Aangesien daar min direkte spelerkontak is, het skole toestemming ontvang om voort te gaan met krieketoefeninge met moontlike toernooie op die horison.

So twee weke voor die skole amptelik heropen het, het Hoërskool Noordheuwel se seuns aan ‘n paar proewe op die skool se sportveld en in die nette deelgeneem.

Binne die eerste week na heropening is die eerste- en tweedespanne reeds gekies en hulle het na skool begin oefen. Veertien spelers is vir die eerstespan geïdentifiseer, en 12 vir die tweedespan.

Ryan Maritz in aksie terwyl hy veldwerk doen. Foto: Jaco Human.

Op Dinsdag, 16 Februarie het die eerstespan ‘n halfuur aan veldwerk bestee en ‘n uur in die nette in die warm son geoefen.

Met vyf Graad 12- en vier Graad 11-leerders wat verlede jaar vir die skool gespeel het staan die eerstespan reeds sterk en voel gereed om reeds oor ‘n week hul eerste wedstryd te speel. Daar moet egter nog besluit word wanneer die eerste skoletoernooie sal plaasvind en wanneer Noordheuwel sal kan deelneem.

Goitse Tsimakwane oefen sy hand-oog-koördinasie. Foto: Jaco Human.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button