Local sportSport

Veertienjarige laat rekord spat

Albert Smit het onlangs aan die tweede Sentraal-Gauteng Atletiek (CGA) liga deelgeneem en die beoordelaars met sy diskusgooie beïndruk.

Die atletiekitem diskusgooi vereis ‘n skerp verstand, uitsonderlike tegniek en perfekte koördinasie van die atleet. Dit verg gewoonlik jare se getroue oefening elke week voordat ‘n atleet daardie perfekte gooi kan baasraak.

Die 14-jarige Albert Smit het as leerder by Laerskool Kenmare met diskus kennis gemaak en word afgerig deur die uiters bekwame span by die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie.

Albert is tans ‘n Hoërskool Monument-leerder en oefen weekliks saam met die Akademie op Hoërskool Noordheuwel se sportterrein.

Hy het onlangs die geleentheid gehad om tydens die tweede Sentraal-Gauteng Atletiek (CGA) liga in Boksburg aan die diskusitem vir o.16 seuns deel te neem en het ‘n nuwe rekord met sy reusegooi van 63,16 meter opgestel.

“Daar wag ‘n blink toekoms op Albert en ons glo dat hy tot groter afstande in staat is indien hy sy volle aandag aan atletiek gee,” het afrigter Pierre Blignaut voorspel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button