Local sportSport

Nories-karateka blink uit by Nasionale Kampioenskappe

Twee Noordskool leerders het onlangs die geleentheid gehad om hul karatevaardighede op 'n nasionale vlak te toon.

Karate Suid-Afrika se jaarlikse Nasionale Kampioenskappe is ‘n groot geleentheid in skolesport. Dit is ‘n groot eer vir enige leerder om na die kompetisie uitgenooi te word en om boonop met ‘n medalje daar weg te stap is iets om op trots te wees.

Luandro Bornman het ‘n derde plek behaal by die Nasionale Kampioenskappe. Foto: Jaco Human.

‘n Graad 7-leerder van Laerskool Krugersdorp-Noord, Zak Vrey, en Graad 2-leerder Luandro Bornman het onlangs aan dié kampioenskappe in Tongaat in KwaZulu-Natal deelgeneem.

Zak het reeds op die ouderdom van vier met karate begin en is tans ‘n bruin gordel. Luandro is nou ‘n rooi gordel. Hulle ontvang albei afrigting by Morgan Moss Karate International in Silverfields.

Zak Vrey het ‘n eerste plek behaal by die Nasionale Kampioenskappe. Foto: Jaco Human.

“Dit was nogal moeilik, want dit was 12 van die bestes in die land!” het Zak vertel. Hy het uiteindelik ‘n eerste plek behaal in Kumite vir seuns 12 tot 13 jaar bo 55kg.

Luandro het die kompetisie so ervaar: “Dit was ‘n bietjie moeilik en maklik. Die lockdown was maklik en die take-down was moeilik.” Hy het ‘n derde plek behaal in Kumite vir seuns onder 30kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button