Restaurantgroep borg ‘n pretbelaaide rolbaldag
Rolbalspelers kon onlangs kompeteer vir lekker pryse wat deur 'n bekende restaurantgroep geborg is.
Die Noordheuwel Rolbalklub het onlangs ‘n dag vol pret gehad, als te danke aan die Dros Restaurant.
Nico Hudson, die voorsitter van die Noordheuwel Rolbalklub het verduidelik dat die Dros hulle geborg het vir ‘n dag vol rolbalpret op Vrydag, 16 April.

Spanne van regoor die Wes-Rand het die byeenkoms bygewoon en dit was die span van Peet van Niewenhuizen, Pollie Pollenspee en Herman van Zyl wat koning gekraai het.
Behalwe vir die wennersprys het die Dros ook ‘n paar gelukstrekkingpryse geborg, en amper almal was ‘n wenner. Daar is ook lekker gesmul aan boereworsrolle.
Leandri Pretorius, Dros se bemarkingsbestuurder het gehelp om die pryse te oorhandig.
