Local sportSport

Veerpyltjies – Iets vir die hele familie

As jy op soek is na 'n opwindende sport vir die hele familie, mag veerpyltjies dalk net die antwoord wees.

Indien jy van veerpyltjies hou en na ‘n klub soek waar die hele familie saam kan speel, is die goeie nuus dat die Mogale Darts Association na die lang inperking weer aan die gang is.

Die klublede spog deesdae ook met ‘n nuwe oefenplek, en mens sal hulle elke Donderdag om 7.30nm by die Fat Cats-kroeg aantref.

Die klub se lede.

Ronel Hayman, die klub se algemene sekretaresse het vertel dat hulle nog vuur en vlam oor die sport is en dat hulle deesdae met 42 lede spog. Hulle wil graag meer spelers by die klub verwelkom.

Micaela Slabbert oefen ‘n bietjie.

Hulle het ook onlangs aan die distriksproewe deelgeneem en het teen die Rand West Darts Association te staan gekom. Na twee dae se veerpyltjie spel is al ses van Mogale se vroue en vier mans gekies vir die distrikspan wat aan die einde van Mei aan die Gauteng-interdistrikskompetisie gaan deelneem.

Marius Nel van die klub. Fotos: Natasha Pretorius.

“Ons wil ons assosiasie laat groei; hoe meer lede ons kry, hoe meer sosiale kompetisie-aande kan ons aanbied,” het Ronel vertel, en bygevoeg dat hulle die Covid-19 reëls baie streng volg.

Jan Jansen

Die klub se ontwikkelingsdirekteur, Cindy Kruger het verduidelik dat hulle spelers van so jonk as 12 jaar aanvaar. Hulle nooi ook mense met gestremdhede asook pensioenarisse om by hul klub aan te sluit waar nuwe spelers altyd welkom is.

Indien jy belangstel kan jy vir Cindy kontak by 072 877 3298.

Marius Nel van die klub. Fotos: Natasha Pretorius.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button