Local sportSport

Bethany House Trust se vriende hou ‘n gholfdag

Friends of Bethany House Trust se hoofdoel is om die kinderhuis te help, daarom het hulle onlangs 'n gholfdag aangebied om fondse in te samel.

Die Friends of Bethany House Trust is in 2013 gestig nadat Marina Hough se paaie met dié van die Bethany House-kinderhuis gekruis het. Sy het toe besef hoe ‘n belangrike rol hulle in die gemeenskap speel.

Nadat sy haar skool verkoop het, het sy haar volle aandag aan ‘n inisiatief gewy om hulp van buite vir Bethany House te bied. Sy en ander lede van die gemeenskap het saam begin geld insamel.

Voor Covid-19 het hulle nagenoeg R500 000 ingesamel vir die Trust, en hoop om dié jaar weer so te maak. Vir hierdie doel hou Friends gereeld insamelings deur die jaar, waarvan hul gholfdag een van die belangrikstes dae is.

Ruan Kleynhans is op die setperk. Foto: Jaco Human.

Op Vrydag, 21 Mei het Friends al hul vriende van die niewinsgewende organisasie genooi om die dag saam met hulle op die Krugersdorp Gholfbaan te geniet deur vir ‘n vierbal in te skryf. Verskeie instansies het putjies geborg, en talle pryse, insluitend braaiers, piekniekstelle en elektroniese ware is geborg en is na die tyd as pryse aan spelers oorhandig.

“Elke individu kan ‘n verskil maak, maar saam kan ons verandering teweegbring. Ons kan vir kinders wat nie het wat ons self het nie toegang gee tot beter opvoeding en omstandighede in die algemeen. Ons het gegroei tot ‘n redelike groot organisasie – nie soos in lidmaatskap waarvoor jy ledegeld betaal of dat jy in die boeke as lid is nie. Elkeen wat ondersteun, al kom jy net een dag na ‘n funksie toe, dan is jy ‘n vriend van Friends of Bethany House Trust,” het Marina verduidelik.

Marina het ook vertel dat alle gelde wat hulle namens Bethany House insamel, reguit in Bethany House se bankrekening inbetaal word en nie in Friends s’n self nie. So het lede van die ondersteuningsgroep nie toegang tot die geld nie, en kan verseker word dat die geld by die regte plek uitkom.

Andre Kleynhans probeer die setperk haal. Foto: Jaco Human.

“Iets wat mense nie altyd verstaan nie is dat die klere wat die kinders dra en die omgewing waarbinne hulle woon hulle waardig moet wees. Mense laai soms stukkende goed daar af. Hulle beleid is dat so iets nooit vir ‘n kind gegee sal word nie. Jy probeer juis die selfbeeld behou. Jy is ook meer trots op jouself en het respek vir ander mense as jou omgewing waardig is,” het sy bygevoeg.

Friends begin ook nou voorberei vir hul grootste insamelingsgeleentheid later in die jaar, “Ons vlagskip is die Ride Joburg 947-fietswedren. Die ouens moet die minimumgelde betaal – ek sê minimum want dit is regtig maar min – en gaan ‘n ordentlike hemp kry. Hierdie jaar gaan dit R1 500 kos, en dan vra ons maar net dat mense vir hul vriende en die maatskappye waarvoor hulle werk vra om te borg. Dit is belangrik dat elke deelnemer sal help om ‘n geldjie in te samel.”

Om by Friends of Bethany House Trust betrokke te raak, kontak hulle gerus deur ‘n epos te stuur na marina@houghs.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button