Local sportSport

Nagenoeg 1 500 visse dié seisoen vir Wes-Rand Hengelklub

Nie eers Covid-19 kon die Wes-Rand Hengelklub weerhou van nog 'n suksesvolle seisoen nie – dié keer in hul nuwe uitrustings.

Die Wes-Rand Hengelklub het onlangs hul seisoen op ‘n hoë noot afgesluit en dit boonop in hul spoggerige nuwe uitrustings.

Anja Meyer van die klub het vertel dat hulle graag hul prysuitdeling ook nog wou hou, maar dat die vlak 4-inperkings vir eers ‘n stokkie daarvoor gesteek het.

Sy het vertel dat hulle al die Covid-19 maatreëls nagekom het en verlede September hul seisoen by Last Farm langs die Vaaldam afgeskop het. Hulle het by nege verskillende oewers gehengel en op ‘n warm wintersdag in Mei vanjaar die seisoen by Morgen langs die Vaaldam afgesluit.

Selfs in hierdie moeilike tye spog die klub steeds met vyf junior-, sewe vroue- en 24 manslede wat aktief is in hul klub.

“Ons Facebook-blad bars uit sy nate met 1 653 lede,” het sy opgewonde vertel.

Tydens die afgelope seisoen het 18 van hul lede nuwe rekords opgestel, en Hennie Vermaak en Magda Opperman was twee van die grootste rekordhouers. Die lede kon saam hierdie seisoen 1 401 visse vang en veilig terugbesorg.

Behalwe vir die rekords wat hulle laat spat het en die duisende visse wat hulle gevang het, het die klub ook hul voorkoms opgekikker met nuwe hemde.

Die klub se nuwe seisoen skop op 18 September af en Anja het gesê dit sal baie lekker wees om nog meer lede voor dan te registreer. Indien jy belangstel om by die klub aan te sluit, skakel gerus vir Anja by 076 729 2801.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button