Local sportSport

Ses Mullies-ruiters deur na SANESA-finale

Ses ruiters van Laerskool Muldersdrift sal in September aan die SANESA Gauteng-finale in ruitersport deelneem.

Ses ruiters van Laerskool Muldersdrif het onlangs gekwalifiseer vir die South African National Equestrian Schools Association (SANESA) Gauteng-ruitersportfinale in September. Dis sal die eerste keer wees dat sy kompeteer

Die 13-jarige Quinette Koekemoer, ‘n Graad 7-leerder by die skool, en het vertel dat sy al langer as ‘n jaar perdry.

“Ek wou van kleins af ry, en toe ek eendag saam met my vriendin gegaan het toe sy gaan ry het, het ek besluit ek wil dit ook doen,” het sy gesê.

Vir haar is dit wonderlik hoe elke perd sy eie persoonlikheid het en elkeen anders is. Sy gaan by SANESA aan Showjumping deelneem met haar perd Autumn Manege, of Sputnik soos sy hom noem. Sy wil leer om nog hoër te spring.

Lienke Murray wat die dag met die onderhoude afwesig was, in aksie. Foto: verskaf.

Leané van den Berg is nou 12 jaar oud en ‘n Graad 6-leerder by die skool. Sy ry al vier jaar lank perd, en het vertel dat omdat haar hele familie al perdgery het, wou sy dit ook probeer. Sy het gesê sy hou van Showjumping want dit is vir haar wonderlik om te sien hoe die perd jou vertrou met die sprong.

“Hulle is lief vir jou en jy vir hulle.”

Sy gaan by SANESA aan Showjumping en Endurance deelneem en is baie opgewonde omdat dit die eerste jaar sal wees wat sy op haar perd, Fudge deelneem, hoewel sy voel dat sy met haar perd Hero Horatious nog groter hoogtes gaan bereik.

Leane van den Berg tydens ‘n vorige kompetisie. Foto: verskaf.

Die 13-jarige Chanel Pieterse wat nou in Graad 7 is ry al vir meer as agt jaar perd. Sy het vertel dat haar liefde vir diere haar geïnspireer het en dat sy baie lief is vir perde. Sy gaan by SANESA aan Showjumping deelneem. Chanel is baie trots op haarself en haar perd Silver Flash, en het vertel dat hulle hard gewerk en hard gebid het vir die geleentheid.

Haar droom is om volgende jaar aan die World Cup te gaan deelneem en om eendag oorsee te gaan ry.

Lize van Ettinger is nege jaar oud en in Graad 4. Sy ry al drie jaar lank, en het vertel dat haar niggie en ouma wat ook gery het, haar geïnspireer het.

Sy gaan aan Showjumping en Equitation Ideal Time deelneem. Sy was verbaas dat hulle gekwalifiseer het omdat haar perd, Rigby, by die laaste SANESA-kompetisie ‘n bietjie skrikkerig was en sy toe afgeval het. Maar die twee van hulle is nou reg vir die kompetisie.

Chanel Pieterse tydens ‘n vorige kompetisie. Foto: Verskaf.

Sy wil nog baie bereik in perdesport en ook leer hoe om hoër te spring.

Leonay Abrahamse is nou 11 en in Graad 5. Sy ry al twee jaar perd en het vertel dat haar tannie perde het.

“Ek het altyd gekyk hoe sy sulke mooi goed met die perde doen, soos om hoog te spring. Maar sy bly ver van hier en toe het ons besluit om vir my ook lesse te laat kry,” het sy vertel.

Sy geniet dit om na ‘n kompetisie haar perd Montanna te vryf en te vertel hoe ‘n goeie perd sy is. Sy het egter op Boxer geleer ry het en met hom gaan deelneem. Hy is so ‘n bietjie ouer.

Sy gaan by SANESA aan die Showjumping deelneem en het vertel dat sy by haar eerste kompetisie eerste geëindig het, daarom is haar kop reg vir die komende kompetisie.

Sy voel dat sy en Monatanna nog saam groei, mekaar leer ken en groot hoogtes gaan bereik.

Lienke Murray was ongelukkig afwesig die dag toe die onderhoude gevoer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button