Local sportSport
Kennies klop Fairland in hul eerste krieketstryd in 18 maande
Albei Kenmare se o.11 A- en tweedekrieketspanne was aan die wenkant toe hulle vir 'n eerste keer in 18 maande teen Fairland kragte gemeet het.
Dit is weer tyd vir skolesport en Laerskool Kenmare het onlangs vir Laerskool Fairland in ‘n vriendskaplike krieketwedstryd die stryd aangesê.
Dit was hul heel eerste krieketwedstryd sedert die eerste grendeltyd 18 maande gelede aangekondig is.

“Die kragmeting was ter voorbereiding van die liga en Gauteng-Wes seisoen. Ons wil net soveel krieket as moontlik speel om kinders terug na ‘n tipe normaal te kry, om hul emosioneel sterker te maak en dan weer te laat fokus op die 2022-supertoernooi,” het Kenmare-sporthoof Peter du Toit verduidelik.

Kenmare se o.11A’s en tweedespan het albei met vyf paaltjies geseëvier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
