Local sportSport

Norienes-gholfdag ‘n groot sukses

Op Vrydag, 20 Augustus het 144 gretige Norienes-ondersteuners by die Krugersdorp-gholfbaan aangemeld vir 'n vierbal in die Stableford-formaat.

Die Norienes Kleuterskool het groot planne vir vanjaar. Nie lank nadat die skool nog klaskamers bygekry het nie, het hulle begin om ‘n nuwe sisteem wat min ander skole tans het in hul klaskamers te implementeer. ‘n Oorhoofse sproeisisteem sal elke oggend outomaties geaktiveer word en die 13 klaskamers ontsmet voordat leerders en onderwysers daar ingaan.

Die sisteem kos sowat R70 000, en die Norienes het besluit om die opbrengs van hul jaarlikse gholfdag te gebruik om die projek te befonds.

Op Vrydag, 20 Augustus het 144 gretige Norienes-ondersteuners by die Krugersdorp-gholfbaan aangemeld vir ‘n vierbal in die Stableford-formaat.

Gedurende die prysuitdeling daardie aand het elke deelnemer ‘n prys ontvang. Daar is boonop ‘n kruiwa vol pryse ter waarde van R5 000 uitgeloot teen R50 ‘n lootjie. Alle pryse is deur ouers van die Norienes geborg. Later in die jaar gaan klasse met die beste deelname ook ‘n prys by die skool ontvang.

Die gaste is ook die aand vermaak deur Konings van Kitskos-aanbieders Alvin Bruinders en Gerhard Steyn. Die twee bekendes het deur die loop van die dag van die een putjie na die ander gegaan en met die gholfspelers gesels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button