Talle Nories gekies vir Gauteng Wes-krieketspan
Nege leerders van Laerskool Krugersdorp-Noord is onlangs gekies vir die Gauteng-Wes-krieketspan.
Laerskool Krugersdorp-Noord se krieketspelers gaan elke jaar van krag tot krag, en spog vanjaar met heelwat jong talent in die Gauteng-Wes-span.
Nie minder nie as nege Nories sal vanjaar hul skool en dorp in dié span verteenwoordig. Hul eerste groot toernooi is oor die langnaweek van 24 September.

Norie-onderwyser Johann Harding, die krieketafrigter en -organiseerder het verduidelik, “Die Krugersdorp-proewe is aan die begin van die jaar gehou, toe die Gauteng-Wes-proewe, en daarna is hulle gekies vir die Gauteng-Wes-span. As hulle goed vaar kan hulle aan die Gauteng-proewe deelneem om die Gauteng Leeus-span te probeer haal. Dit is baie moeilik, maar JJ Basson is gewoonlik in die span.”

Hierdie Nories is vir die span gekies:
Pieter Botes en Regardt Basson (o.10); Eduardt Maritz, Dihan Grove, Ettiene Joubert en Junior Seletswane (o.11); Iwan Oosthuizen (o.12); en JJ Basson en Kian Liebenberg (o.13).
Daar is meer op die horison by Noordskool. Hulle was die afgelope paar weke hard aan die werk om hul krieketfasiliteite op te gradeer, nuwe nette op te rig en nog ‘n boulmasjien te kry.

“Ons wil hard werk en is lus vir krieket dié jaar!” het Johann gesê.
