Local sportSport

Mooi houe, goeie bedoelings met Oos-gemeente-gholfdag

Die Krugersdorp-Oos gemeente het weer onlangs lede van die gemeenskap genooi om aan hul jaarliks gholfdag en fondsinsameling deel te neem.

Die Krugersdorp-Oos Gemeente het weer op Donderdag, 16 September hul jaarlikse gholfdag met groot sukses aangebied. Die doel was om fondse in te samel vir die liefdadigheidsprojekte wat hulle deur die jaar aanpak.

Quentin Chambers swaai deur tydens sy bofhou. Foto: Jaco Human.

“Die geld word in die gemeenskap teruggeploeg. Ons doen gereeld sop- en bakkiebredie-projekte en gee skoolpakkies uit,” het Martie Dryer, gemeentelid en mede-organiseerder van die gholfdag verduidelik.

Martie het bygevoeg dat hulle ook die Skole Uitdaagbeker deur die loop van die dag aangebied het waaraan Laerskool Kenmare, Laerskool Protearif en Hoërskool Monument deelgeneem het.

Gerhard Mulder mik vir die setperk. Foto: Jaco Human.

Monnas het die trofee vir die derde jaar in ‘n ry gewen.

Paul de Waal speel ‘n sethou. Foto: Jaco Human.

Net so oor die 100 gholfspelers het die dag die gemeente by die Krugersdorp Gholfklub ondersteun in die vierbal Betterball Stableford-formaat. Daar is ook deur die dag lootjies verkoop en die prysuitdeling is gehou kort nadat die dag se spel afgehandel is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button