Trampoliengimnaste weet nog hoe
Impala Trampolienklub het vroeg in Oktober 14 medaljes verdien tydens die SA Gimnastiekespele.
Die gimnaste van die Impala Trampolienklub is na ‘n lang tydperk toe hulle nie saam kon oefen nie, besig om verlore tyd in te haal.
Impala het vroeg in Oktober 14 van hul senior gimnaste saam met afrigter Xolani Nxumalo na die SA Gimnastiekespele in Pretoria gestuur. Daar het hulle met ‘n verskeidenheid medaljes in talle kategorieë weggestap.
Onder die toppresteerders het Keegan Victor ‘n goud vir Dubbel Mini Trampolien (DMT) Vlak 9 en ‘n silwer vir Euro Trampolien Vlak 9, 15–16 behaal. In die DMT-afdeling het Mincke Mostert en Wilmien Esterhuyse goed gevaar; en Alexander Steyn, Arno Geldenhuys, Karmi Botes, Lindsay Lombaard, Duwan Weideman het gemengde medaljes ontvang vir Euro Trampolien.
