Local sportSport

Vikings-boksers stel nie teleur by Gauteng-kampioenskappe

Twee Vikings-boksklublede, Jo-Lee van Tonder en Shane du Plooy het onlangs aan die Gauteng Schools Juniorkampioenskappe in Alberton deelgeneem.

Twee Vikings-boksklublede, Jo-Lee van Tonder en Shane du Plooy het onlangs aan die Gauteng Schools Juniorkampioenskappe deelgeneem en nie teleurgestel nie.

Die 12-jarige Shane het aan die School Boy-afdeling deelgeneem.

Die Vikings se hoofafrigter Phillip du Rant het vertel dat daar drie boksers in die afdeling was en dat Shane deurgedring het na die finaal en die silwer verower het.

Phillip het gesê dat daar egter niemand in die 16-jarige Jo-Lee se gewigsklas was wat teen haar kon boks nie. Sy het toe deurgegaan met ‘n ‘walk-over’, wat beteken daar was geen opposisie nie. As gevolg daarvan kon sy nie in aanmerking kom vir die Suid-Afrikaanse span nie.

Jo-Lee het gesê dat sy nou fokus om volgende jaar SA’s toe te kan gaan.

Phillip het vertel dat hy weet Jo-Lee is sterk en indien sy na die Suid-Afrikaanse kampioenskappe sou gaan sou daar nie veel meisies wees wat haar kon wen nie.

Daarom wil hulle graag meisies en vroue aanmoedig om by die boksklub aan te sluit. Daar is kinders so jonk as drie jaar wat by die klub oefen, en Phillip het gesê dat boks veral vir vroue baie voordele inhou. Behalwe dat dit vroue op ‘n gelyke voet plaas met hul manlike eweknieë is daar ook ‘n veiligheidsaspek; om nie eers te praat van die gesondheidsvoordele nie.

Phillip het gesê dat boks jou nie net fiks hou nie maar jou ook dissipline leer.

“Die beste boksers hoef nie noodwendig die sterkste of vinnigste te wees nie; hulle kom uit alle hoeke uit,” het Phillip vertel en gesê dat as jy hart, geduld en deursettingsvermoë het, kan jy ‘n goeie bokser word.

Die klub oefen elke Maandag tot Donderdagaand by die Key West-sportarena en as jy belangstel kan jy gerus vir Phillip by 081 212 9143 of vir Rolene Deetlefs by 071 411 9143 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button