Local sportSport

Nagenoeg 60 skole deel van grootste atletiekskouspel in twee jaar

Laerskole van regoor Mogale City het bymekaar gekom vir 'n dag van spanningsvolle atletiek op die Hoërskool Noordheuwel-baan.

Dit was ‘n dag van atletiek vir die sowat 59 laerskole wat vir die eerste maal in twee jaar op Vrydag, 18 Februarie weer op die Hoërskool Noordheuwel-tartanbaan teen mekaar gekompeteer het.

Luan Rall doen sy bes in die hoogspring. Foto: Jaco Human.

‘n Komitee word elke jaar uit die onderskeie Mogale City-skole gekies om die geleentheid aan te bied, en hooforganiseerder Quintin Botha van Laerskool Krugersdorp-Noord het verduidelik, “Die Krugersdorp Kampioenskappe word jaarliks na die Cluster-kompetisies gehou. Atlete van al die laerskole in Krugersdorp neem deel om die beste Krugersdorp-span saam te stel.

Elke Cluster het ‘n gasheerskool waar die byeenkoms plaasvind. Hul organiseerder is outomaties ‘n lid van die Krugersdorp-komitee. Daar is ook ander organiseerders wat kennis en vaardighede het wat ons benodig, dus word hulle ook by die komitee betrek.

“Die skole stuur elkeen ‘n aantal atlete na die Cluster-kampioenskappe en daarna word die Cluster-/ interlaerspan gekies vir hul Cluster. Die atlete neem dan aan die Krugersdorp Kampioenskappe deel.”

Mija-Ne Hurter maak haar sprong in die verspringput. Foto: Jaco Human.
Isabelle Groenewald maak goeie spronge by die verspringput. Foto: Jaco Human.
Isabelle Groenewald maak goeie spronge by die verspringput. Foto: Jaco Human.
Taya Pelser is gemaklik voor. Foto: Jaco Human.
Wandre Schoeman in die spiesgooi. Foto: Jaco Human.
Mieke Boucher sit haar alles in haar sprong in. Foto: Jaco Human.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button