School sportSportUpdate

Jongste sporttelbord in Krugersdorp

Alhoewel daar 'n afname in plaaslike sport gedurende die skoolvakansie was, het talle skole wel aan verskeie vakansiesporttoernooie deelgeneem.

Donderdag 24 tot Vrydag 26 Maart
Die Nasionale Laerskole Baan- en Veldkampioenskappe is oor die naweek by die Puk McArthur Stadion in Potchefstroom aangebied waaraan talle skole van Mogale City deelgeneem het. Die volgende leerders het puik presteer:
• Taya Pelser van Laerskool Krugersdorp-Noord eindig tweede in die 1200m-baanitem
• Nadia Strydom van Noordskool eindig sesde in die spiesgooi
• Iwan Oosthuizen van Noordskool eindig vyfde in die 80m hekkies
• Ruben van Wijk van Laerskool Kenmare eindig tweede in die 70m hekkies
• Henré de Bruin van Kenmare eindig vierde in die 150m hekkies
• Jaydon Fairlie van Kenmare eindig sesde in die 100m-baanitem, vyfde in die 150m, en sy span wen die aflos
• Liandri Kriel van Kenmare eindig 12de in die 800m
• Ethan Kruger van Kenmare eindig tiende in die spiesgooi
• Kiara Rossouw van Laerskool Muldersdrif eindig vierde in die hoogspring
• Mieke van der Merwe wen die 70m hekkies

Vrydag 25 tot Dinsdag 29 Maart
Monnas neem aan verskeie rugbytoernooie gedurende die eerste kwartaal se skoolvakansie deel.
• Paarl Gimnasium 1ste span wen Monnas Witbulle (1ste span) 42–19
• Oakdale tweede span wen Monnas 18–14
• Monnas Witbulle wen Hoërskool Oakdale 41–18

Lees ook: 

Jongste sporttelbord in Krugersdorp (12 Maart tot 24 Maart)

Jongste skolesporttelbord in Krugersdorp (9 Maart tot 16 Maart)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button