Local sportSport

Help ons kragman om in Kazakhstan mee te ding

Na 'n paar jaar se harde werk is Werner Koekemoer uiteindelik uitgenooi na die World Bench Press-kampioenskap in Kazakhstan en probeer tans hard om fondse bymekaar te kry om te kan gaan.

Dit neem soms ‘n groot hart om ook swaar goed te kan optel. In Werner Koekemoer se geval, een van Suid Afrika se top kragmanne, het hy spiere van staal en ‘n hart van goud vir mense in sy gemeenskap, en help dikwels oral waar hy kan.

Sy liefde vir fiksheid het reeds vroeg op skool begin, en tussen sy vele belangstellings en talente sal rugby altyd een van sy gunstelinge wees.

Gedurende sy matriekjaar in Hoërskool Monument het hy vir die Witbulle gespeel voor hy vir Pirates Rugby Klub en die Leeus se o.21’s op die veld uitgedraf het. Daarna was hy die kaptein van die Universiteit van die Witwatersrand-eerstespan voor hy by Tshwane Universiteit vir Tegnologie aangesluit het. Hy het later ook vir die Mpumalanga Pumas en die Boland Kavaliers gespeel. So het hy 30 jaar van sy lewe aan rugby spandeer.

Vandag rig Werner rugby af by Laerskool Krugersdorp-Noord en Hoërskool Monument.

‘n Paar jaar nadat hy opgehou rugby speel het, het hy onverwags weer deel geword van die fiksheidswêreld nadat hulle die hartverskeurende nuus ontvang het dat sy vriend se seun aan serebrale verlamming ly. Werner het besluit om ‘n groot fondsinsameling te loods om die familie te help met die onkostes wat met so ‘n toestand gepaard gaan.

Gedurende ‘n bokstoernooi wat die Mayhem Fitness Academy by Ruimsig-stadion aangebied het, was Werner betrokke by die hoofgeveg, en hy en sy span het sowat R113 000 vir die seun ingesamel.

Vir Werner is 2022 ‘n groot jaar. Foto ingestuur.

Die gogga het gebyt en Werner was weer vuur en vlam oor sy fiksheid. ‘n Jaar daarna is hy genooi om aan ‘n kragoptelkompetisie deel te neem en hy het in 2019 aan die Gauteng Raw-kampioenskap deelgeneem waar hy ‘n bronsmedalje verdien het in die 12+ kilogram Master 1 (40 tot 49 jaar oud) afdeling wat ‘deadlifting’, ‘squats’ en ‘benchpressing’ insluit.

So het hy vir die SA Raw gekwalifiseer waar hy uiteindelik ‘n silwer ontvang het.

Daar was geen kompetisies in 2020 nie, maar dit het Werner net nog meer lus gemaak vir deelneem.

In 2021 het ‘n goud tydens die Gauteng Bench Press en die Gauteng Raw verdien.

Ek het reeds gewen na my eerste deadlift. Met my tweede poging kon ek dit nie hoog genoeg optel nie, en met my derde poging het ‘n spier in my bisep geskeur!”

Werner het vier dae later ‘n operasie ondergaan en kon dus nie aan die SA’s deelneem nie. Hy kon nie wag om weer te begin oefen nie, en het minder as ‘n jaar later weer geleidelik begin – eers met 8kg-gewigte, toe 10kg en 13kg, ensovoorts tot hy weer soos voorheen kon oefen.

Vir Werner is 2022 ‘n groot jaar. Hy het reeds ‘n goud vir Gauteng Bench Press, silwer vir Gauteng Raw, goud vir SA Bench Press en silwer vir SA Raw gewen, en gekwalifiseer vir die World Bench Press-kampioenskap in Kazakhstan wat van 21 tot 29 Mei sal plaasvind.

Hy het egter die gemeenskap se hulp nodig om Suid-Afrika in die grootste kragoptelkompetisie ter wêreld te verteenwoord. Hy moet vooraf R50 000 insamel om te kan gaan, en kon nog net R20 000 bymekaar kry. Werner vra dat diegene wat gewillig is om hom te help, vir hom ‘n WhatsApp sal stuur by 082 453 0610.

Werner, ook bekend as Koekies, se vriende gaan uit hul pad om hom te help om Kazakhstan toe te gaan, en verkoop kaartjies vir die Koekies Champ Raffle.

Enigeen wat ‘n R100-kaartjie voor 17:00 op 21 Mei koop kan moontlik ‘n egte, getekende Chelsea FC-sokkerbal (eerste prys) of die tweede prys van ‘n koffietafelboek oor Engelse Rugby losslaan.

Werner se goeie vriend Manie van den Berg (oudonderwyser/ rugbyafrigter) het gesê dat kontantskenkings ook baie welkom sal wees as mens nie aan die gelukstrekking wil deelneem nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button