Local sportSport

Michelle laat haar liggaamsboudrome waar word

Vir Michelle Fraser was oefen en gesond lewe nog altyd 'n prioriteit, en sy het onlangs een van haar drome bewaarheid toe sy aan haar eerste liggaamsboukompetisie deelgeneem het.

Vir Michelle Fraser was oefen en gesond lewe nog altyd ‘n prioriteit. Sy het onlangs die geleentheid gehad om een van haar drome te bewaarheid toe sy aan haar eerste liggaamsboukompetisie deelgeneem het.

Michelle het op Saterdag, 7 Mei aan die IFBB Sunfest Show in Randburg gaan deelneem en derde geëindig in die Body Fitness-afdeling.

Die 45-jarige Michelle het vertel dat dit ‘n jarelange droom was om voor 50 aan haar eerste kompetisie deel te neem. Nou weet sy sommer dat sy voor haar 50ste verjaarsdag ‘n kompetisie sal kan wen.

Sy het in Pretoria grootgeword en het op 16 reeds by die Health and Racquet-gimnasium in Groenkloof begin oefen, “… omdat ek van die leefstyl hou en omdat ek mal is oor oefen,” het sy vertel.

Toe Covid-19 egter sy kop uitsteek kon sy nie meer in die gimnasium gaan oefen nie. Sy en haar afrigter en lewensmaat, Johan van der Schyff het toe ‘n nuwe tipe oefentoestel ontwerp wat net met spanningsbande werk. Met hierdie oefenrekke kon sy al die oefeninge doen wat sy gewoonlik met gewigte sou doen.

Ek het in die 12 weke toe ek vir die kompetisie voorberei het, net met die rekke geoefen.”

Haar derde plek het toe ook vir haar ‘n uitnodiging na die Arnold Classic Africa-kompetisie losgeslaan wat van 3 tot 5 Junie by die Ruimsig Stadion plaasvind.

“Ek was so verbaas; dit was my heel eerste kompetisie en toe word ek sommer na die Armold’s genooi!”

Sy het nooit regtig daaraan gedink om aan liggaamsboukompetisies deel te neem nie maar toe sy en Johan verlede jaar hul eie studio oopmaak, is die saadjie geplant dat sy dit dalk kon doen.

Michelle Faser ontvang die medalje vir haar derde plek. Fotos: Andre du Toit, Classic Photography.

“Ek wil bewys dat dit moontlik is om aan kompetisies deel te neem deur net die rekke te gebruik.”

Vir haar was die maklikste deel van die voorbereiding die oefening, maar met die dieet het dit maar moeilik gegaan en sy het laggend vertel dat sy altyd honger was.

Dit verg vasberadenheid en is geheel en al ‘n ‘mind over matter’-situasie.”

Toe sy die eerste keer op die verhoog stap het al haar twyfel in haarself weggesmelt.

“Ek hou van die vertoonkuns van die hele kompetisie. Die mense werk hard en dit is lekker om te wys wat harde werk kan doen.”

Vir die volgende jaar beplan sy om aan die Ladies Bikini Body-afdeling deel te neem en aan die einde van Julie gaan sy aan die Champions Arise-kompetisie deelneem en beplan om daar te kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in September.

Sy wil graag vir Hair by Estelle, Karin Pretorius van Salon Jamorey, en Andre du Toit van Classic Photography bedank wat hulle dienste aan haar geborg het.

Indien jy vir Michelle wil help met die inskrywingsgeld vir die Arnold Classic kan jy haar kontak by 063 445 5931.

Michelle Faser tydens haar heel eerste liggaamsboukompetisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.
Back to top button