Speel ‘n rondte by die Northsider
Roodekrans-based family church encouraging community to get behind their annual fundraising golf spectacular
Die Northsider, in samewerking met Ritmia Gemeente, nooi alle belangstellendes om hul welsynsgholfdag, wat op 25 Augustus by die Ruimsig Gholfklub gehou word, by te woon.
Die fokus van hierdie gholfdag is om fondse in te samel vir ‘n paar welsynsprojekte wat die Northsider en Ritmia Gemeente na aan die hart lê, sodat hulpbehoewendes van kos, klere en ander noodsaaklikhede deur die jaar voorsien kan word.

Die formaat van die gholfdag is Better Ball Stableford en die afslaantyd is 11:00.
Registrasie, wat spelersgelde, ‘n gholfkarretjie en aandete na die prysuitdelingsfunksie insluit, beloop R1 000 per persoon, en ‘n vierbal kos R3 700.

Borgskappe is beskikbaar teen R4 000, en sluit in die borg se uitstalling by die gholfdag en blootstelling in die Northsider, wat ‘n drukoplaag van meer as 27 000 het.
Vir enige navrae, inskrywings of borge kontak Darius Prinsloo by 011 246 7013 of stuur ‘n epos na info@ritmia.org.za.
