Local newsSport

Krugersdorp-Wes Boksklub wil groter, beter in 2023

Vir die Krugersdorp-Wes Boksklub gaan dit nie net oor wat binne die kruit gebeur nie. Hulle wil ook 'n rolmodel vir die jonger generasie wees.

Die Krugersdorp-Wes Boksklub is slaggereed om 2023 een van hul beste jare nog te maak.

Susan da Silva, een van die afrigters by die klub, het vertel dat van hul boksers wat Duncan Graaff insluit, verlede jaar deur is na die Gauteng- en Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Lees ook: World boxing champ visits Mogale City

Sy het bygevoeg dat hul boksers rolmodelle vir die jonger generasie wil wees en dat verlede jaar nie net gegaan het oor wat binne die kruit gebeur het nie.

“Die klub se ledetal het ook aansienlik gegroei. Hulle het ook aan ‘n toernooi deelgeneem waar al die klubs in die Wes-Rand teen mekaar deelgeneem het.”

Lees ook: About the Day of Goodwill (formerly Boxing Day)

Susan is baie opgewonde oor die boksers by die klub en het vertel dat sy net ‘n ‘gevoel’ het oor hulle. Sy voel dat as hulle die werk insit kan elke een van hulle eendag dit maak tot by die Olimpiese Spele.

Hulle klub is in 1955 gestig en Susan se pa het self baie jare by die klub spandeer, na 68 jaar sien Susan net ‘n blinker toekoms vir hulle. Sy het vertel dat hulle by hulle klub op alle aspekte van boks fokus, maar dat hulle wil seker maak hulle boksers gebruik die regte tegnieke.

Hierdie jaar beoog hulle om meer boksers by die Gauteng- en Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te hê, wil hulle aan baie meer toernooie deelneem en wil hulle net hê boks moet weer boks wees.

“Ons is lus vir hierdie jaar, ons het soveel talent en ons wil hulle benut. Ons is baie geseënd, ons het oulike boksers. Hulle is altyd hier en bereid om te help, hulle wil fokus op hul boks en hul toekoms.”

Tans het hulle boksers van so jonk as agt jaar oud en hul oudste bokser is nou 40-jaar-oud. Hulle oefen elke Maandag van 18:00 tot 19:00 en Dinsdae en Donderdae van 18:00 tot 19:30. Indien jy belang stel kan jy Susan op 082 681 9153 kontak.

*Artikel aangepas — Red. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button