Local sportSport

Dorp se sterkman vat goud!

Werner Koekemoer het 'n allemintige 162,5kg opgetel om goud te vat tydens die African Classic and Equipped Bench Press Kampioenskappe.

‘n Bietjie meer as 160kg! Dit is die gewig wat verseker het dat Werner Koekemoer onlangs as ‘n goue medaljewenner wegstap.

Werner het aan die African Classic and Equipped Bench Press Kampioenskappe in die 40-49 ouderdom en bo 120kg-meestersklas deelgeneem. Die internasionale kompetisie het tussen 9 en 11 Maart in Potchefstroom by Elgro plaasgevind.

Lees ook: Local powerlifting sensation smashes unofficial world record

Die medaljes wat Werner Koekemoer gewen het.

Hy het 162.5kg opgetel om die goud te vat en het vertel dat sy persoonlike beste 175kg is. Die prestasie is selfs meer merkwaardig omdat Werner twee jaar gelede ‘n operasie moes ondergaan nadat sy bisepspier geskeur het.

Lees ook: On her way to powerlifting greatness

Na die operasie het hy agtste by die wêreld kampioenskappe geëindig en is toe ook deur na die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe en nou het hy die Afrika Kampioenskappe gewen.

Sy afrigter is Henk de Wet van die Barbell Bullies en as hy nie daar oefen nie, oefen hy by sy gimnasium by die huis. Hy maak seker dat hy vyf tot ses keer ‘n week oefen. Om voor te berei doen hy baie stelle met ligter gewigte en dan minder stelle met swaar gewigte. Een oefen sessie kan tussen een en ‘n half tot drie uur duur.

Al was dié net ‘n bankdruk- (bench press) kompetisie neem Werner meestal deel aan die three lift wat hurke (squats), bankdrukke en deadlifts insluit.

Werner het vertel dat hy baie opgewonde is want hy staan ook nou ‘n kans om in Mei by Sun City aan die wêreld kampioenskappe te gaan deelneem.

“Maar die uitdaging is om die fondse vir al die kompetisies bymekaar te maak,” het hy vertel. Fondse is ‘n groot probleem in die tipe sport en soos wat Werner verduidelik, hy het sy nasionale kleure in gewig optel maar hy kry nie die blootstelling wat die Springbokke kry nie.

Hy het vertel dat wanneer jy aan so ‘n kompetisie deelneem het jy meestal net een minuut om die gewig opte tel en dan is dit verby. So dis ure se oefening en duisende rande se spandeer vir net een minuut se deelname.
“Maar, dit is waarvoor ek lief is.”

Behalwe vir gewig optel het Werner ook geboks en rugby gespeel in sy vroeër jare en hy het vertel dat dit lekker is om te weet wat jou liggaam in staat is toe. Dit is juis dié sport wat hom nou help en voor hy moet deelneem maak hy sy kop rustig om te fokus op wat hy moet doen.

“Voor my operasie het ek altyd op die skerm gekyk hoe die ander deelnemers vaar, maar ek doen dit nie meer nie.” Nou gaan hy net en doen sy beste.

Om ‘n goeie gewigopteller te wees glo hy moet jy tog sterk wees maar ook 110 persent toegewyd wees.

“Jy moet onafhanklik kan werk en jouself motiveer. Dit is net jy teen die gewig. Jy neem net teen jouself deel.” het hy verduidelik.

Die federasie waaraan Werner behoort glo nie in aanvullings nie en Werner het vertel dat hy altyd vir homself doelwitte stel om na te streef en dit is hoe hy gekom het tot waar hy vandag is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button