Local sportSport

RAM hou jaarlikse gholfdag in Krugersdorp

'Ons hou dit as 'n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer' – Skoolhoof.

Talle entoesiastiese gholfers het by die Krugersdop Gholfklub bymekaargekom om Laerskool Randfontein se jaarlikse gholfdag te ondersteun.

Lees ook: Golfing around for a good cause

(Agter): Chanel Rautenbach, Sanrie Nell en Mandy Pruis.
(Voor): Marelize Olivier, Celeste Pretorius, Adelle Grobbelaar en Lize-Mari Olivier.
Neels Dannhauser, Aart Oudbier en Tiaan du Plooy.
Divan Faber.

Skoolhoof Leon Haupt het vertel dat dit die skool se derde jaar is wat hul die gholfdag aanbied en dat dit hierdie jaar op 24 Maart plaasgevind het.

Lees ook: No golfing around

“Ons hou dit as ‘n fondsinsameling, maar ook om informeel met ons ouers en gemeenskap te kan verkeer.”

Kevin van Buuren, Mark Gay, Jaco Erasmus en Dean Weil.
Hannes Muller, Leon Haupt, Andrè Rossouw en Ian Fouchè.
Tiaan Biewenga.

Hy het verduidelik dat die fondse wat tydens die dag ingesamel is, aangewend sal word om die skool se tuine en vooraansig te verbeter.

Tydens die dag het die skool die eer gehad om 132 spelers te verwelkom wie almal hul gate uit geniet het.\

 

“Dit was ‘n wonderlike dag met hope pret en kameraadskap, en baie lekker gees,” het Leon vertel.

Hy wil vir al hul borge, maar spesifiek hul hoofborge EPR Sekuriteit en Firematic bedank.

 
Back to top button