School sportSport

Noordskool pronk in die Gauteng-Wes hokkiespan

'n Handvol leerders en 'n onderwyser van Laerskool Krugersdorp-Noord is gekies om Gauteng-Wes in hokkie te verteenwoordig.

Talle leerders en ‘n onnie van Laerskool Krugersdorp-Noord is onlangs gekies vir die Gauteng-Wes hokkiespan.

• Lees ook: Noordskool-leerders maak die regte skuif

Wilmé Wilson, Isabelle Groenewald, Beulah Groenewald en Kayla Jacobs is in die o12 Gauteng-Wes hokkiespan ingesluit terwyl Lenka du Toit en Lizandri Haman vir die o13 Gauteng-Wes hokkiespan sal uitdraf.

Die toernooie waaraan die dogters gaan deelneem sal gedurende die skoolvakansie plaasvind. Die o12-span sal in Krugersdorp speel van 30 Junie tot 3 Julie en die o13-span in Potchefstroom van 29 Junie tot 3 Julie.

Een van die skool se afrigters, Chanel van Dyk, is ook gekies om die o13 Gauteng-Wes hokkiespan af te rig.

Die o13-hokkiedogters van Laerskool Krugersdorp-Noord wat by die Gauteng-Wes hokkiespan ingesluit is, is Lizandri Haman en Lenka du Toit. By hulle staan Chandel van Dyk wat gekies is om die o13 Gauteng-Wes hokkiespan af te rig.

 
Back to top button