Local sportSport

Golden Reef-gimnaste wys hoe dit gedoen word

Twintig ritmiese gimnaste van die Gold Reef Rhythmic Gimnastiekklub het onlangs gekwalifiseer om deur te gaan na die Zone Festival kompetisie om daar hulle staal te gaan wys.

Twintig gimnaste van die Gold Reef Rhythmic Gymnastics Club het onlangs gekwalifiseer om hul staal te gaan wys by die Zone Festival-kompetisie.

Klubafrigter Aimee van Rooyen (27) het verduidelik dat die klub, wat in 1986 geopen was, die eerste ritmiese gimnastiekklub in Suid-Afrika is. Die Krugersdorp-tak is toe in 2021 gebore.

• Also read: Rhythmic Gymnastics Gold Reef Club live up to their name

Op 20 Mei het hulle vlak een en twee gimnaste by die Sentrale Gauteng-kompetisie by die Berario Recreation Centre in Randburg gaan deelneem. Daar het hulle gekwalifiseer vir die Zone Festival wat op 9 en 10 Junie by die Kibler Park Ontspanningsentrum in Sunningdale plaasgevind het.

Die gimnaste wat op vlak een en twee is, is tussen die ouderdom van 6 en 12. Almal van hulle oefen twee keer ‘n week en die klub se junior en senior Olimpiese gimnaste oefen tussen vier en vyf ure ‘n dag en vyf dae ‘n week.

Aimee het gesê die sport gaan oor meer as net prestasies.

Ja, dis wonderlik om ‘n medalje te wen. Dit is ‘n konkrete herinnering van hoe hard jy gewerk het, maar wat hierdie dogters leer in die proses is om nooit op te gee nie, uithouvermoë te hê, ‘n aanhouer wen mentaliteit te kweek en selfvertroue te ontwikkel. Dit is waaroor dit gaan.”

Na die kompetisie in Junie gradeer die gimnaste na die volgende vlak en leer dan nuwe vaardighede aan.

Een van die gimnaste in aksie. Foto verskaf.

“Ek is in die sewende hemel en trots op elke liewe gimnas. Ek weet dat hierdie lewenslesse vir hulle verskriklik baie beteken in die langtermyn.”

Haar droom vir elkeen van haar gimnaste is om te leer dat met harde werk en uithouvermoë jy enige iets kan bereik.

Aimee het self die sport aangepak toe sy net drie jaar oud was.

Twee van die gimnaste wys wat hulle kan doen. Foto verskaf.

“Ek het deur dieselfde ‘program’ gekompeteer as wat my gimnaste nou doen. Op ‘n baie jong ouderdom het ek besluit dat ek graag Ritmiese Gimnastiek wil ‘aanneem’ as my sport.”

Toe sy 13 was het sy aan die eerste Jeug Olimpiese Spele in 2010 in Singapoer gaan deelneem. Sy het ook aan die wêreldkampioenskappe in Montpellier in 2011, Statebondspele in Glasgow in 2014 en Afrika Kampioenskappe in 2009, 2011 en 2014 gaan deelneem.

As ‘n afrigter is sy trots om te sê dat een van haar atlete in 2022 aan die Statebond spele deelgeneem het en dat sy self ook as afrigter van die jaar vir ritmiese gimnastiek vir 2022 in Suid-Afrika aangewys is.

Hierdie sport het ‘n groot impak gehad op die persoon wat ek vandag is.

“Ek wil graag vir dogters ‘n geleentheid skep om dieselfde te ervaar. Dit is ‘n lekker gevoel om iets te bereik, met die wete dat jy hard gewerk het daarvoor. Om gimnaste te sien groei, ontwikkel, verbeter en selfvertroue ontwikkel bring soveel vreugde in ‘n afrigter se hart.”

Sy het vertel dat hulle dogters verwelkom wat ook die sport wil beoefen. Vir meer inligting kan Aimee op 072 889 9714 geskakel word, of besoek gerus hul Facebook en Instagram blaaie.

 
Back to top button