Local newsSport

Groot gif kom in hierdie klein skopboks-botteltjie

Chloé Assad spog met 'n goeie jaar in skopboks asook uitstekende toekennings en prestasies agter haar naam.

Op die oog af lyk Chloé Assad van Hoërskool Monument klein en saggeaard, maar agter dié meisie is daar iemand met baie veg in haar.

Sover was 2023 vir Chloé ‘n baie suksesvolle jaar in die kruit en het in Februarie aan haar eerste South African Kickboxing Association (Saka) ring semi-kontak geveg deelgeneem. Daar het sy ‘n eerste plek behaal.

Daarna het sy op 4 Maart haar provinsiale kleure ontvang toe sy Gauteng tydens die Martial Arts South Africa se Ring Contact Fighting Arts (RCFA) verteenwoordig het. Sy het dieselfde maand ook aan die Great North Saka-kompetisie deelgeneem (Low Kicks en Light Contact Fighting) waar sy met ‘n goue- en silwer medalje weggestap het.

Op 15 April het sy aan die RCFA All Out War-toernooi deelgeneem en ‘n tweede plek behaal. Vanaf 27 April tot 1 Mei was sy by die World Association of Kickboxing Organisations se Suid-Afrika kompetisie en in beide haar afdelings goud ingepalm. Dit het beteken dat sy gekies is om Suid-Afrika in 2024 te verteenwoordig.

Op 27 Mei het sy ook aan die 2023 RCFA Jungle War XI-toernooi en Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem en weereens die goud vir al drie haar afdelings gewen. Op Jeugdag is sy uitgenooi na die RCFA-toekennigs waar sy tweede plek gewen as top student as ook tweede plek vir beste semi-kontak vegter.

Dieselfde dag is sy gekies vir die A-span om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreld skopboksorganisasie se ope wêreldkampioenskappe in Barsney, Londen. Laastens het Chloé haar presidents kleure ontvang vir Martial Arts Suid-Afrika.

Die skool het gesê dat hulle bitter trots op Chloé is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button